Clanwilliam Wild Flower Show

Die veld ontwaak

Die veld is besig om te ontwaak en groen spriete is besig om volop hul verskyning te maak Dít is presies die tema van hierdie jaar se Clanwilliam Veldblommeskou: “Ontwaak”. Met nuwe entoesiasme het die span “ontwerpers” vandeesweek koppe bymekaargesit om die uitleg van vanjaar se skou te beplan en die idees het geblom - en al kan ons nie nou al die aap uit die mou laat nie, kan blomkykers solank begin uitsien na iets heeltemal anders as vorige jare. Vanjaar se blommeskou sal vanaf Vrydag, 24 Augustus tot Sondag 2 September in die Blomkerk, aan die bopunt van Clanwilliam se hoofstraat, plaasvind en die deure sal daagliks oop wees vanaf 08:30 tot 18:00. Na die onlangse reën wat oor die blomwêreld uitgesak het, lyk dit asof daar ’n belowende blomseisoen voorlê. Indien die streek opvolgreën ontvang gedurende Junie en Julie sal die belofte selfs groter raak. Hou dus hierdie spasie dop vir meer inligting oor die blomseisoen wat voorlê. Toegang beloop R50 per volwassene en R10 per kind. Vir navrae oor verblyf in en om Clanwilliam bel Clanwilliam Toerismekantoor by 027-482-2024 of stuur ’n e-pos aan cederberg@lando.co.za.

Rejuvenate and rejoice

The veld is awakening after a long, dry spell and a green sheen is already covering the landscape. The theme of the Clanwilliam Wild Flower Show is “Rejuvenate”. We want to say: rejuvenate and rejoice, because we are so grateful for the recent rains! With renewed enthusiasm, the team of local @ designers” started planning the lay-out of the show last week - and although we can not share all our secrets just yet, flower lovers can start looking forward to something entirely new this year. The Clanwilliam Wild Flower Show will take place from Friday, 24th August until Sunday, 2nd September in the Flower Church at the top of the main street in Clanwilliam. Doors will be open daily from 08:30 until 18:00. After the recent rains, a good flower season might just be on the cards. If the region receives more rain during June and July, an excellent flower season could become a reality. Entry fees at the door are R50 per adult and R10 per child. For enquiries about accommodation in and around Clanwilliam, phone the Clanwilliam Tourism Office on 027-482-2024 or send an e-mail to cederberg@lando.co.za.